Sunday, May 23, 2010

Hannelie, Elrike en Carina (22 Mei 2010)

Saterdag het ek vir Hannelie en haar twee dogters, Elrike en Carina, in Witbank afgeneem. As ek geweet het arme Elrike se been is so seer as gevolg van 'n motorfietsongeluk, het ek nie 'n berg gekies om op foto's te neem nie! Haha. Maar ek dink die foto's het wonderlik uitgekom.
Dankie dat ek julle kon afneem! Julle is beautiful!

Thursday, May 13, 2010

Franco, Emmerentia en Stephan ( 11 Mei 2010)



Met 'n groot bondel ballonne agterna het die vier van ons Dinsdagmiddag 'n deeltjie van Middelburg gaan verken. Emmerentia en Franco se klein seuntjie, Stephan, is sekerlik een van die pragtigste blou oog seuntjies wat ek nog gesien het!

Dit was fun om julle af te neem. Geniet die foto's!

Sunday, May 9, 2010

Wikus, Anél, Armand en Jayden (8 Mei 2010)

Dit was vir my so lekker om hierdie gesinnetjie van 4 af te neem! Armand (7) was verseker die groot 'sport' van die dag met al sy mannewales - 'n regte "laaitie" :)

Anél en Wikus - ek hoop julle geniet die voorsmakie van jul foto's!

Tuesday, May 4, 2010

Kaelin, Logan & Jaden Botha (1 May 2010)

Kaelin se hand saam met dié van haar ouma en oupa
Klein Lente is nie deel van die Botha gesin nie, maar sy het so oulik gelyk waar agter die stoel wegkruip dat ek haar moes bysit ;)